The Haven Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Haven Hotel is 'n gesinsvriendelike avontuurbestemming in die Cwebe en Dwesa Natuurreservate op die Transkei Wildekus van Suid-Afrika. Die hotel bied jou 'n ontspanne en afgeleë wegbreekplek in 'n ongerepte omgewing en spog met 'n oorvloed son, see en 'n verskeidenheid dinge om te sien en doen.

Verblyf word aangebied in ruim chalets met of 2 enkelbeddens elk of 'n dubbelbed. Elke chalet het 'n en suite-badkamer. Die chalets is wyd versprei oor die perseel en gaste kan kies tussen chalets teen die see of tuin-chalets. Elke chalet het tee- en koffiemaakgeriewe, skoon linne en handdoeke.

The Haven Hotel se kombuis berei met trots vars en smaaklike maaltye voor. 'n Volledige kroegdiens is beskikbaar en die gesellige kroeg het ook 'n biljarttafel en 'n veerpyltjiebord. Die hotel het 'n uitgesoekte wynlys wat 'n wye reeks palette sal pas. Middagetepakkies kan vooraf by die kombuis bestel word vir gaste wat wil wegbreek of wil gaan stap. Koelhouers is ook beskikbaar vir gaste wat skemerkelkies teen die rivier of op ons pragtige Wildekus-strand wil geniet.

The Haven Hotel is by die monding van die Mbashe-rivier geleë wat ook 'n top-visvangbestemming is. Ander doendinge by die hotel sluit stap, perdry, bergklim, kanovaart, tennis, gholf en walvis- en dolfynkyk in. Of gaste kan eenvoudig net ontspan by dié onvergeetlike toevlugsoord.

Die hotel en omgewing is 'n paradys vir kinders. Daar is groot grasperke en ellelange strande waar kinders kan speel en verken. Daar is ook 'n klimraam, swaaie, 'n sandput en 'n trampolien voor die hotel naby die speletjieskamer met 'n tafeltennistafel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Haven Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za