The Herb Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Herb Cottage is in die pragtige groen Magoeskloofvallei versteek. Die verblyf is in inheemse woude geleë.

Die kothuis bied luuksheid teen ’n bekostigbare tarief. Die eenheid is volledig toegerus en het 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 1 kamer het geriewe vir gestremde gaste. Die kombuis is goed toegerus met die nodige kookgerei en daar is ook ’n kaggel om gaste warm te hou. Die eenheid beskik oor gemaklike banke en beddens.

Gestremde gaste het toegang tot die hele kothuis, tot op die dek, asook die braai-area en buitestort. Daar is geen trappe nie en die badkamer beskik oor gemaklike handvatsels. Daar is ook ’n motorafdak wat kan sluit en ’n digitale kluis.

Gaste kan in die plonspoel of op die veranda ontspan en die bedreigde samango-ape in die bome sien speel, of selfs ’n bosbok opmerk. Daar is ook wonderlike voëls en skoenlappers in die area.

Nie geskik vir voertuie met lae grondvryhoogte nie.

Aangesien dit 'n produserende plaas is waar avokadopere en kruie produseer word, is daar vars produkte gedurende seisoen beskikbaar. Die Woodbush-woud is op gaste se drumpel en is die tweede groote inheemse woud in Suid-Afrika. Die Lekgalameetse Natuurreservaat is ook naby waar gaste vele meer kan sien en lekker piekniek kan hou.

Slaapplek

'n Bespreking by The Herb Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Herb Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 350 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za