The Hillton Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Hillton Lodge is 'n lieflike selfsorg-gastehuis, bo-op 'n koppie, net twee en 'n half ure van Johannesburg af. Daar is 4 luukse slaapkamer-suites, 'n sitkamer en 'n moderne kombuis. Die lodge is die eerste keuse vir 'n welverdiende wegbreek. Die Hillton Lodge het die vlaktes van Mpumalanga aan sy voete en spog met 'n pragtige uitsig van die balkonne van die 2 slaapkamer-suites op die boonste vloer af.

Elke suite se dekor is beeldskoon en spog met 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad, 'n platskerm-TV en baie kasspasie.

Daar is nog 2 slaapkamer-suites op die onderste vloer wat elkeen geskik is vir 2 mense. Die suites het elkeen 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, platskerm-TV, 'n kombuisie, lieflike kaggel vir die romantiese en koel aandjies en 'n balkon.

Wanneer jy by die voordeur inkom, loop jy dadelik by die oopplan-sitkamer en 'n lieflike kombuis in, met alles wat jy sal benodig vir selfsorg-verblyf. Daar is 'n TV en 'n kaggel om voor op te krul as die aande begin koud raak. Die eet- en vermaakarea is deur glas omring, wat die uitsig net nog beter maak. Kyk uit oor die swembad en geniet die natuurskoon. Los jou kommernisse by die huis en geniet Mpumalanga se vlaktes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Hillton Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za