LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Lazy Lapa | LekkeSlaap
+34

The Lazy Lapa

Selfsorg
Weeksdagaanbod 20% af

Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Jan 2022 tot 31 Jan 2022.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 95 Zeekoehoek, Magaliesburg, 1791, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 150 per nag(plek vir 5)

Beskrywing

The Lazy Lapa is 'n semi-losstaande selfsorghuis met kunstige en antieke afwerkings. Dit is op 'n klein plaas in Magaliesburg, 'n bekoorlike dorpie 'n uur en 'n half vanaf Johannesburg en Pretoria. Die verblyf het 'n plaasatmosfeer met hane wat kraai, hoenders en skilpaaie.

Die unieke oopplan-huis beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 'n hangkas, 'n lessenaar, groot skuurdeure en 3 enkelbeddens in die oopplan-sitkamer en -eetarea. 'n Gang met 2 trappe lei na 2 badkamers, een met 'n bad, toilet en 'n wasbak en die ander met 'n stort. Daar is ook 'n gastetoilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, elektriese tweeplaatstoof, elektriese braaipan, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n houtvuurstoof. Die ontbyt bestaan uit varsgebakte skons en fyngebakte opsies.

Daar is 'n grasdaklapa met 'n lang rustieke tafel met sitplek vir 12 gaste en gemaklike rusbank vir 8 gaste buite. Daar is ook 'n klein plonspoel waarin gaste mengeldrankies kan geniet. Verder is daar 'n groot braai-area met sitplek vir volwassenes en kinders.

Die gashere woon op die perseel en gaste het privaatheid. Hulle het ook eksklusiewe gebruik van die erf en swembadarea. Net die hoofingangshek, motorafdak en diere word gedeel. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Let wel dat daar 'n grondpad van sowat 500 m na die huis is en dat dit geskik is vir 'n sedanvoertuig.

Dit is naby die Wieg van die Mensdom en die Wesrand.

Slaapplek

’n Bespreking by The Lazy Lapa sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir The Lazy Lapa
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Plaas 95 Zeekoehoek, Magaliesburg, 1791, Gauteng
  • Gaste dink The Lazy Lapa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 95 Zeekoehoek, Magaliesburg, 1791, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68a8907c3d8ae122f7045a835040f4adcc09e4f45a1229685370908422845f87f7ac197e20f996ae2f5b8746ad5da1326c4d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150  per nag(plek vir 5) 6 5 1 5 Farm 95 Zeekoehoek Magaliesburg 1791 Gauteng 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -25.964494282334 27.539828079235
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!