Bethal Akkommodasie by The Lodge Bethal | LekkeSlaap
+25

The Lodge Bethal

Lodge
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chris Hani-straat 72, Bethal, 2310, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 150 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kom ervaar gerief in die hartjie van die Hoëveld.

The Lodge Bethal in Mpumalanga is gerieflik minder as 2 uur se ry vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe op die nuwe N17-hoofroete na Sodwana en iSimangaliso Vleilandpark geleë. Hierdie luukse lodge is halfpad tussen die Nasionale Krugerwildtuin en die Drakensberge en word omring deur kragstasies en steenkoolmyne.

Ervaar eksklusiwiteit in ’n gasvrye en ontspanne atmosfeer. Ons gastehuis is stylvol ingerig met net die beste meubels, spesiaal met die hand uitgesoek vir die sakeman en -vrou.

Ons bied verblyf in luukse ateljeekamers, kamers vir jong gesinne, asook gesinseenhede. Rokers sowel as nie-rokers is welkom. Al die kamers is toegerus met ’n yskassie, ondervloerse verhitting, lugversorging, platskerm-TV met 14 DStv-kanale, haardroërs, en koffie- en teemaakgeriewe.

Geriewe vir sakereisigers sluit in: gratis onbeperkte WiFi, faks-, skandering- en fotokopieer-geriewe by ontvangs, ’n veeldoelige lessenaar/spieëltafel en telefoon in elke kamer.

Daar is ’n eendag-wasgoeddiens, veilige parkering met toegangsbeheer en onderdakparkeerplek beskikbaar. Verder het ons ’n ten volle gelisensieerde ontspanningsarea, ’n goed toegeruste eetkamer en ons lewer ook kamerdiens.

’n Smaaklike Kontinentale en ’n stewige Engelse ontbyt word deur ons sjef voorberei na elkeen se smaak. Ontbyt is beskikbaar teen 'n addisionele koste. Ons het ’n kragopwekker byderhand om die kragtoevoer binne sekondes ná ’n kragonderbreking te herstel.

Hier by die lodge is ons ’n toegewyde span wat uitmuntende persoonlike diens lewer en keurige etes bedien. Dis 'n reis in eksklusiewe Cosmos plattelandse gasvryheid. Ons is ’n ware verblyf-oase in Mpumalanga.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 15 resensies vir The Lodge Bethal
Netheid
4.2/5
Diens
3.9/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Chris Hani-straat 72, Bethal, 2310, Mpumalanga
  • Gaste dink The Lodge Bethal het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bethal Mpumalanga
Vanaf R1 150
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 150
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chris Hani-straat 72, Bethal, 2310, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFlM2ZmYTgxLWNkOWUtNDVmYy1iY2QzLTYwNmYwMzRmOTk3Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 4 72 Chris Hani Street Bethal 2310 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -26.454472222222 29.467472222222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za