The Lookout

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Lookout is 'n vierstergastehuis en word deur ons gaste gegradeer as uitstekende akkommodasie en een van die instansies wat die meeste waarde vir geld in Port Alfred bied.

Elkeen van die 6 woonstelle is ruim, elegant en stylvol, en dit is geskik vir B&B- of selfsorgverblyf. Dit bied pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan, die Kowierivier en die Royal Alfred Marina. Die smullekker ontbyt word in die gaste se eie woonstel tussen 07:00 en 09:00 bedien.

Die gastehuis word deur die eienaars en ook gasheer en -vrou, Rod en Angela, bestuur. Hulle sal seker maak dat daar in al jou behoeftes voorsien word. Daar is 2 swembaddens beskikbaar, asook braaigeriewe in die tuin.

The Lookout is baie naby die dorp en geriewe, en daar is puik restaurante in die omgewing. Port Alfred het 2 moderne winkelsentrums en 'n fantastiese nuwe hospitaal. Afgesien van die bekende Royal Port Alfred Gholfklub, is daar 2 rolbalklubs, 'n tennisklub en verskeie eersteklas sportgeriewe. Die pragtige en ongerepte strande is net 'n paar minute weg, en die Kowierivier is puik vir bootentoesiaste. Die Addo-olifantpark en ander gewilde wildreservate is almal naby en malariavry.

Kom en geniet 'n onvergeetlike tyd by The Lookout.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Lookout gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R810 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za