The Lookout lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pragtige wildsplaas-eenhede, 'n uitsig wat jy vir 'n leeftyd sal onthou en 'n kristalhelder-swembad vertel net 'n deel van dié storie. Voeg dit saam met egte Afrika-gasvryheid, ware 5-ster-kookkuns en 'n wildrit soos jy nog nooit van tevore beleef het nie en jy kry The Lookout Lodge. Dit alles is net 1½ uur van die Johannesburg Lughawe af.

The Lookout Lodge is 'n pragtige wegbreekplek, weg van die stad se rumoer. Die lodge is 7 km van Groblersdal af en is die ideale plek om by te ontspan, waar ons luukse eenhede in harmonie met die natuur bestaan. Gaste kan ons manjifieke berg-uitsigte geniet met 16 pragtige eenhede om van te kies, wat ruim en toegerus is om jou verblyf so gemaklik as moontlik te maak.

Ons pragtige eenhede by The Lookout Lodge is ontwerp in 'n verfrissende, kontemporêre styl, sodat jy steeds deel van die natuur voel.

Gaste kan in ons Jacuzzi en sauna-geriewe ontspan, in kristalhelder-swembad afkoel, ofdie Afrika-sonsondergang met genot vanaf ons patio besigtig met 'n verfrissende drankie van ons nuut opgeknapte restaurant.

Die spyskaart het 'n verskeidenheid ongelooflike disse om van te kies, waar jy die smaak van tuisgemaakte, voedsame geregte en 'n uitsig daarby kan geniet.

Een van die gewildste doendinge by The Lookout Lodge sluit natuurlik ons wildritte in. Gaste kan 'n ware Afrika-avontuur ervaar, insluitend naby ontmoetings met wilde diere onder die leiding van ons kundige en gekwalifiseerde veldwagters.

Lookout Lodge beskik oor 16 ruim chalets, elkeen beskik oor 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Die eenhede het 'n TV met DStv en verhitting en verkoeling.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Lookout Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 560 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za