The Mabula Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Mabula Villa is geleë in die bekende Mabula Wildreservaat.
Die luukse ervaring wat hier aangebied word is gemik op klein en intieme groepe vriende en families wat op soek is na 'n eksklusiewe sarari-ervaring.

Mabula Game Lodge is 'n lid van FEDHASA (Federated Hospitality Association of South Africa vir 2014/2015).

Ons bied 5 kamers wat goed ingerig is met en suite-badkamers en lugversorging. Aparte bad en stort en gastegeriewe. Daar is 'n sentrale sitkamer met 'n platskerm-TV en volledige DStv.

Gaste kry 'n persoonlike veldwagter wat hul bystaan om Mabula Wildreservaat se Groot-5-omgewing te verken. 'n Sjef, "butler", skoonmaker en villa-bestuurder rond die perfekte ervaring af.

Safari's word enige tyd van die dag op die gas se aanvraag onderneem. Die verskillende ete-opsies sluit geregte, ligte middagetes, kindergeregte en privaat, tradisionele Afrika-etes om die boma in (as die weer dit toelaat).

Begeleide staptogte en wildritte gedurende die aand is beskikbaar op versoek.

Nog doendinge is beskikbaar op versoek: perdry, vierwielmotorfiets-safari's, boogskut en "Nomadic" Spa-behandelings by Mabula Villa deur die Mabula Spa-terapeute. 'n Spaanse veldwagter is beskikbaar op versoek tydens bespreking.

Helikoptervervoerdiens na en van OR Tambo Lughawe (ekstra koste), privaat lugvervoer en privaat vliegveld, swembad en tennisbaan, koordlose internet beskikbaar by die hooflodge, warmlugballonsafari's op versoek.

Die lodge is geleë in 'n malariavrye gebied. Toegangsfooie (vir die wildreservaat) is betaalbaar.

Ons is 47 km van Bela-Bela af, 150 km van Pretoria af, 190 km van OR Tambo Internasionale Lughawe af en 212 km van Johannesburg af (sowat 2,5 ure se ry).

Kenmerke

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Mabula Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R15 625 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za