The Manor Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Manor Guest House bied die beste van albei wêrelde - die luukse akkommodasie van 'n hotel en die warm vriendelike atmosfeer van 'n private huis. Dis goed geleë in 'n vreedsame en goed beveiligde voorstad van Sandton en jou kamer kyk uit op 'n welige tuin vol voëls.

Die Manor bied jou maklike toegang tot toprestaurante, vermaak en die winkelsentrums, sakesentrums en vernaamste snelweë, terwyl dit terselfdertyd 'n rustige toevlugsoord weg van die stres van die stad is.

Elke kamer het 'n private ingang, is uitermate ruim en het 'n en suite-badkamer met 'n atrium en ondervloerverhitting. Al die kamers is toegerus met 'n mikrogolfoond, kroegyskas, haardroër, DStv, draadlose internet, strykyster en strykplank, minikluis en 'n volle wasgoeddiens. Al die slaapkamers het 'n patio buite wat op die tuin uitkyk en waar meer as een gas na die sonsondergang sit en kyk terwyl hulle aan die komplimentêre kosmandjie peusel wat hulle by aankoms by die Manor ontvang het.

En hoekom nie na 'n lang vlug of harde dag op kantoor die aanbod van 'n ontspannende reiki-massering aanvaar nie? By die Manor roem ons ons daarop dat jy terug sal kom as jy eers een keer hier gebly het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Manor Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za