The Mission's House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Mission's House bied verblyf vir sakereisigers, gesinne en vriende in Onrus.

Verblyf is beskikbaar in die Mission's House met slaapplek vir 4 gaste en die Tree House met slaapplek vir 2. Die eenhede kan ook saam bespreek word.

Die Mission's House beskik oor 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die slaapkamers deel 'n badkamer. Gaste kan maaltye by die toonbank in die kombuis of die 2 eetareas geniet. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die huis het 'n sitarea, 2 kaggels en 'n kantoor met WiFi. Daar is 'n privaat, omheinde tuin en 'n gemeenskaplike binnehof.

Tree House-eenheid is op die eerste verdieping en skuil tussen melkhoute. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n bad. Die oopplan-eenheid is toegerus met 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei en 'n mikrogolf is beskikbaar op versoek.

Badhanddoeke en beddegoed word voorsien vir albei eenhede. Let asb. dat daar nie TV's in die eenhede is nie, maar braaigeriewe, 'n gemeenskaplike binnehof en parkeerplek op straat word wel voorsien.

The Mission's House is 350 m van die klipstrand af. Gaste kan kajakvaart, stap, voetslaan, op 'n ziplyntoer gaan, walviskyk, abseil of haaihokduik in die omtrek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Mission's House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za