The Observatory
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Frederickstraat 86, Observatory Uitbreiding, Johannesburg, 2198, Gauteng
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Observatory is 'n gerieflike selfsorg-eenheid op 'n privaat eiendom, maar met 'n privaat ingang in Observatory, Johannesburg. Die perseel is sentraal geleë en is net 5 minute se ry van die Gilloolys-kruising af, wat beteken gaste kan vinnig op enige hoofweg klim na die volgende vergadering of die lughawe. Restaurante, kroeë, 'n casino en 2 gholfbane is ook naby die verblyf geleë.
Die eiendom is deur plantegroei omring en het 'n mooi groen grasperk met 'n silwerskoon swembad in die middel. Die uitsig oor die tuin is ontspannend.
Die eenheid is onlangs opgeknap en die oorspronklike Oregon-dennevloere is afgeskuur en herstel. Die eenheid is geskik vir 2 en het 'n oopplan-uitleg. Die slaap-area het 2 driekwartbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Ingeboude kaste en 'n kluis is ook beskikbaar.
Daar is 'n kombuisie wat verhit-en-eetgeriewe het en dit sluit 'n yskassie, ketel, broodrooster en mikrogolf in. Die eenheid het 'n sitarea met 'n groot slim-TV en spesiaal gemaakte bank. Daar is 'n gesmedeystertafel waarop gaste kan werk en eet. Buite is daar 'n stoep met stoepmeubels.
Dit als skep 'n gerieflike atmosfeer om in te werk en ontspan.
Slaapplek
’n Bespreking by The Observatory sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
- Grieks
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Frederickstraat 86, Observatory Uitbreiding, Johannesburg, 2198, Gauteng
Sien meer verblyf in Observatory Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Frederickstraat 86, Observatory Uitbreiding, Johannesburg, 2198, Gauteng
- Geen kinders onder 12