The Old Jail

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Old Jail is in Willowmore, 'n rustige plaasdorpie in die Karoo geleë en bied 'n unieke en onvergeetlike ervaring. Die gebou is op die soom van die dorp en die Baviaanskloof met die Swartberge as 'n indrukwekkende agtergrond. Die gebou dateer uit die 1880's en is een van die beste voorbeelde van Victoriaanse argitektuur in dié omgewing.

Daar is 3 slaapkamers in die hoofgebou. Hospital Room het 'n volledige en suite-badkamer, terwyl Female Cell en Awaiting Trial hul eie privaat badkamergeriewe oorkant die binnehof het. Die 3 binnehowe is heeltemal privaat en is in ou tronk self geleë. Die kamers in die hoofgebou is geskik vir kinders van 14 jaar en ouer. Maar die Gesinseenhede in die Ou Stalle is geskik vir kinders van alle ouderdomme

Farmers Suite 1 en 2, asook Donkey Room is in die ou perdestalle. Dié gesinseenhede is naby die parkeerarea wat hulle maklik bereikbaar maak. Donkey Room en Farmers Suite 2 het skakeldeure en is perfek vir 'n groter gesin. Al die kamers het 100% Egiptiese katoenlinne en duvets, ekstra komberse, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, lugversorging, haardroërs, 'n kluis en 'n platskerm-TV met DStv. Japonne en pantoffels word voorsien vir gaste wat in dié kamers bly waarvan die toilet- en stortgeriewe oorkant die binnehof is.

Die slaapkamers in die hoofgebou kan plek bied aan kinders van 14 jaar en ouer, maar kinders van alle ouderdomme is welkom in ons gesinseenhede in die ou stalle.

Daar is 'n 12 meter lange soutwaterswembad in die Hard Labour-binnehof. Vra asseblief vir 'n swemhanddoek by ontvangs. Ontbyt word van 07:30 tot 09:30 in die kunsgalery bedien waar al ons gaste by die antieke hofkamer-jurietafel aansit. Daar is gratis WiFi in die kunsgalery wat ook dien as 'n sitkamer.

Of jy nou op soek is na 'n oorslaapplek langs die N9 of 'n paar dae lank wil voetslaan, fietsry, gholfspeel, kleinwildjag of net wil ontspan, is The Old Jail dié plek vir jou!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Russies

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Old Jail gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za