The Owl House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Owl House is 'n bekoorlike woonstel op die eerste vloer wat in Kloofsig, Stilbaai geleë is. Die woonstel bied 'n pragtige uitsig oor die see en die Goukourivier en boonop is dit net 5 minute se ry van verskeie strande af. Stilbaai is in die hartjie van die Wes-Kaap, maar ver van die stad se geraas.

Die eenheid is 35 m² groot en bied slaapplek vir 2 gaste met 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea/sitkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en ingeboude kaste. Die badkamer bevat 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Verder is daar ook 'n lessenaar en die sitkamer bevat 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Gratis WiFi en parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Owl House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za