The Palace

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Palace is 'n ruim selfsorghuis vir tot 10 gaste in Arniston met 'n pragtige see-uitsig.

Dié dubbelverdieping het 5 slaapkamers met privaat ingange en elke kamer lei na die binnehof. Twee van die en suite-kamers is bo, met 'n koninggrootte-bed in die een en 2 enkelbeddens in die ander. Onder is nog 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, en die ander 2 enkelbeddens het. Nog 'n kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer is ook beskikbaar. As daar 12 gaste gaan wees, kan nog 'n kamer met 2 enkelbeddens teen ekstra koste beskikbaar gestel word. Beddegoed word voorsien. Bring asb. jou eie handdoeke saam.

Op die onderste verdieping is 'n aparte leefarea asook nog 'n badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis het 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eetarea. Daar is 'n kaggel en 'n TV in die sitkamer. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart bring, maar daar is ongelukkig nie koppelpunte vir PVR-dekodeerders nie.

Daar is braaigeriewe buite en die huis het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Die binnehof is lekker beskut en troeteldiere kan saamkom indien gereël. Let daarop dat dele van die huis slegs met trappe bereik kan word en dus moontlik nie geskik is vir gaste wat moeilik loop nie.

Arniston bied lieflike strande, verskeie restaurante en doendinge soos swem, fietsry, perdry, bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk, skeepswrakduik en meer. Gaste kan ook Arniston Hotel se spa en die Waenhuiskrans-grot besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by The Palace sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Palace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 825 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za