The Palm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Palms Pinelands is 'n eenheid met 'n aparte ingang wat op die eienaar se perseel in Pinelands geleë is. Pinelands is 'n boomryke voorstad wat baie sentraal in Kaapstad is. Die middedorp is 10 km ver en die lughawe is 15 km ver. Die eienaar het 2 honde op die perseel. Ons is 5 minute van die Vincent Palloti-hospitaal af geleë en 10 minute vanaf die Rooikruis Kinderhospitaal, asook UCT Hospitaal.

Die oopplan-eenheid is privaat en het 'n dubbelbed met slaapplek vir 2 gaste. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kothuis beskik ook oor 'n kombuisie en 'n sitarea. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook 'n sytafeltjie, 2 stoele en 'n TV met DStv. Gratis WiFi toegang is beskikbaar. Daar is 'n aparte kombuisie met 'n oondjie, broodrooster en alle nodige toebehore en breekware om gaste se selfsorgverblyf te vergemaklik. Slegs vir gaste wat 7 dae of langer bly, is daar weeklikse skoonmaakdienste beskikbaar.

Veilige parkeerplek word voorsien vir motors en daar is 'n swembad op die perseel waarvan gaste gerus gebruik kan maak. 'n Wasgoeddiens is teen 'n nominale fooi per bondel beskikbaar en sluit was, droogmaak en vou in. Die gashere is meer as gewillig om enige voorstelle te maak of raad aan gaste te gee om hul Kaapstad-wegbreek onvergeetlik te maak, en verwys hul na toeriste-aantreklikhede en goeie plaaslike restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by The Palm sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Palm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R745 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za