The Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Place is 'n lieflike tuinwoonstel met 2 slaapkamers in Glentana en bied gerieflike verblyf aan 4 gaste. Gaste kan saans luister na die gedruis van die see en soggens kyk hoe dolfyne in die see baljaar. Walvisse kom ook in walvisseisoen hiér voor.

Die eenheid is op die grondvloer van 'n dubbelverdiepinghuis en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n see-uitsig en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en mikrogolfoond in. Daar is 'n braai-area agter die huis wat beskut is teen die wind.

In die leefarea is daar 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied 'n uitsig oor die tuin met die see in die agtergrond.

Die Grootbrakriviermonding is 'n gewilde visvang- en swemplek.

The Place is net 150 m se stap vanaf die see.

'n Spar met 'n Tops, die gewilde De Dekke-pretpark, 'n Wimpy en ander geriewe is 6 km hiervandaan. Daar is ook tientalle besienswaardighede en doendinge in die omgewing soos visvang in Mosselbaai, voetslaan in die berge, seil in Wildernis, die Kango-grotte in Oudtshoorn en 'n aarbeiplaas net voor George.

Groot-Brakriver is sentraal geleë tussen Mosselbaai se hawe, Hartenbos en sy ATKV-oord en George. Die lughawe in George is 20 minute se ry vanaf The Place en 'n lughawependeldiens is teen ekstra kostes beskikbaar.

Geen troeteldiere word toegelaat nie aangesien daar klaar groot honde op die perseel is.

Slaapplek

'n Bespreking by The Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 360 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za