30% af Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Durbanville Akkommodasie by The Pomegranate | LekkeSlaap
+27
+27

The Pomegranate

  • Langtermynverblyf-aanbod - Kry 30% af
  • Vanaf R520 R364 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbosweg 13, Durbanville Hills, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 2

Beskrywing

The Pomegranate is ’n gerieflike selfsorg-eenheid in die stil, veilige voorstad van Kaapstad, Durbanville ? 'n goeie halfweg tussen Kaapstad en Stellenbosch, die Paarl en Wellington. Dié area spog met uitstekende winkelsentrums, soos Village Square, Tygervallei, Willowbridge, Glengary, Cobble Walk, asook restaurante, Durbanville Medi-kliniek en Kaapstad Vliegskool. Dis 30 minute vanaf die naaste strand en Kaapstad Internasionale Lughawe.

Eenheid 1 is op die eienaar se perseel met ’n privaat ingang. Die kamer het ’n dubbelbed en 'n enkelbed. Die en suite-badkamer het ’n dubbelstort.

Die eenheid se kombuisie is toegerus met ’n yskas-vrieskas, mikrogolf, elektriese ketel, broodrooster, eierkoker, eet- en kookgerei en tee- en koffiemaakgeriewe. Addisionele geriewe sluit in OpenView TV, ’n kluis vir veilige bewaring van waardevolle items, parkeerplek agter ’n afstandbeheerhek, asook ’n eetarea op die onderdakstoep met tuin- en berguitsig.

Gaste kan om die tafel op die stoep of in die tuin met ’n berguitsig ontspan. Addisionele geriewe sluit in parkeerplek agter ’n afstandbeheerhek.

Rook is verbode op die perseel.

Besienswaardighede in en om die area sluit in Tygerberg natuurreservaat, Durbanville se wynlandgoedere, Vrede Kunsgalery en Die Boer Teater, Kaapstad se strande en die Waterfront, gholflandgoedere, Grand West Casino en Barnyard Theatre.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 16 resensies vir The Pomegranate
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Suikerbosweg 13, Durbanville Hills, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Pomegranate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R520
Vanaf R364
per nag (vir 2 persone)
was R520
Vanaf R364
per nag (vir 2 persone)
was R520
Vanaf R364
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbosweg 13, Durbanville Hills, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 2
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAC0RU0VXiC0GajQje5bP7bEAxsminlXS7EnKrNQ8jhTmO1a07yv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R520, nou Vanaf R364  per nag (vir 2 persone) 16 5 1 5 13 Suikerbos Way Durbanville Hills 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.843036403734 18.646188676357
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za