Riebeek-Kasteel Akkommodasie by The Red Tin Roof | LekkeSlaap
+13

The Red Tin Roof

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hermonstraat 23, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Red Tin Roof is 'n bekoorlike gastehuis wat in Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap geleë is. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gasvryheid en gerieflike akkommodasie vir 'n vakansie of sakewegbreek.

Ons het 5 slaapkamers wat netjies ingerig is. Elke slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, 'n wasbak, 'n toilet en gehalte sepies en komplimentêre toiletware. Die kamers het ook geriewe soos lugversorging en gratis WiFi, 'n plafonwaaier en 'n haardroër, asook toegang tot die gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste kan 'n smullekker ontbyt by die restaurant op die perseel geniet. Die restaurant bied ook ander heerlike maaltye. The Red Tin Roof het ook 'n ten volle gelisensieerde kroeg waar gaste kan ontspan en verskeie drankies kan geniet. Die gastehuis het ook 'n binnehof met 'n swembad en luierstoele waar gaste in die son kan baai.

Die gastehuis is ook ideaal vir sakereisigers, want ons maak voorsiening vir verskeie geleenthede en kan tot 80 gaste in die tuinarea akkommodeer. Daar is parkeerplek beskikbaar vir voertuie. Die Paarl is 39 km van The Red Tin Roof af en Ceres is ook 39 km van ons af geleë.

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir The Red Tin Roof
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hermonstraat 23, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Red Tin Roof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hermonstraat 23, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI4NmUwM2VjLWQ0NTctNDBmNy05NTIwLWVkNzljZTIzYzAzOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 23 Hermon Street Riebeek Kasteel 7307 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.384771047797 18.901803195477
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za