The Ridge Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Ridge Bed and Breakfast is in 'n stil doodloopstraat, in die woonbuurt Southridge Park in Mthatha, geleë. Ons het in 2016 ons deure geopen en dié moderne, stylvolle en huislike B&B is op 'n ruim perseel geleë met meer as genoeg parkeerplek vir motors, trokke en waentjies.

Ons is naby die N2-snelweg tussen Oos-Londen en Durban en slegs 10 minute vanaf die middedorp en 15 minute vanaf die Mthatha Lughawe .

Ons bied verblyf in 7 uniek gemeubileerde en versierde kamers. Die kamers is modern en privaat met hoë kwaliteit tekstiele en besonderse afwerkings. Elke kamer het en suite-geriewe, 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n TV met DStv. Veilige, goed beligte parkeerplek is beskikbaar.

Gesonde tuisgekookte maaltye verseker dat daar na al jou kulinêre behoeftes voorsien word. 'n Volle Engelse ontbyt, middagetepakkies en aandetes is beskikbaar.

Hier sal jou gasvrou, Shirley Ferreira, seker maak dat jy 'n unieke, gerieflike en gasvrye ervaring het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Ridge Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za