The Royal Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Royal Hotel is waarskynlik een van Suid-Afrika se bekendste hotelle. Hierdie Nasionale Monument is bekend vir sy klassieke atmosfeer en wêreldklas diens en -geriewe.

The Royal Hotel is onlangs opgeknap om werklik die hotel se laat Victoriaanse styl ten toon te stel. Die hotel bestaan uit 10 outentieke geboue wat uit die tweede helfte van die 19de eeu dateer. Die hotel bied 50 bekoorlike en suite-slaapkamers.

Die sitkamer is soos 'n tydkapsule wat 'n era van hoflike gasvryheid en elegansie soos in die laat Victoriaanse tydperk so mooi weerspieël. Wanneer gaste by die Royal Hotel instap, word hulle oombliklik op 'n nostalgiese reis die verlede in geneem. Die ontvangs se gange is vol interessante foto's en oudhede om jou 'n kykie in die geskiedenis van Pelgrimsrus te bied. Die tema word na die sitkamer en die bekende Church Bar deurgedra. Die kroeg se mure is vol ou foto's wat die sosiale- en sportlewe van historiese Pelgrimsrus uitbeeld. Dit is vreeslik lekker om met 'n glas in die hand na die fassinerende foto's en tekste te kyk.

Pelgrimsrus is in 1873 'n goudveld verklaar en dit het die dorp eensklaps in 'n kosmopolitaanse warboel van aktiwiteit omskep. Vandag staan die dorp as nalatenskap van die pioniers en die dorp is in 1986 'n Nasionale Monument verklaar.

Ander doendinge in die omgewing sluit 'n 9-putjie gholfbaan, perdry, forelvisvang, goud-win met panne en staproetes in. 'n Keur van bekoorlike museums en snuffelwinkels is ook beskikbaar. Die dorp is naby aan die Blyderivier Canyon, die Kruger Nasionale Park en die Panoramiese Roete geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Royal Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 480 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false