Tuinroete Akkommodasie by The Sanctuary Bush Retreat | LekkeSlaap
+18
+18

The Sanctuary Bush Retreat

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Sanctuary Bush Retreat, Yellowwood-Ruigtevlei Weg, 12 km buite Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

The Sanctuary Bush Retreat is op 'n duin met 'n uitsig oor die Karatararivier en Swartvleimeer geleë. Dit is 12 km buite die dorpie Sedgefield. Die oord is tegnologie-vry en bied unieke, eko-vriendelike en selfonderhoudende verblyf wat van van sonkrag gebruik maak. Die verblyf se asemrowende uitsigte skep 'n stil en rustige atmosfeer.

Dié dubbelverdiepinghuis is 75 m² en gebou met 4 herwinde skeepsvraghouers. Dit vorm deel van die oord se selfonderhoudende leefstyl. Dit is ideaal vir 'n paartjie of enkelreisiger. Die oopplan-slaapkamer op die eerste verdieping het 'n dek wat 'n pragtige uitsig oor die rivier-vallei en die Swartvlei-reservaat na die weste bied. Die slaapkamer het eklektiese meubelstukke wat 'n retro-gevoel skep, daar is 'n dubbelbed, 2 banke, 'n koffietafel en 'n keramiek vuurpit.

Die oopplan-kombuis wat op die onderste verdieping is is goed toegerus en modern versier. Die sitarea en eetarea langs die kombuis het 'n TV met 'n DVD-speler. Daar is ook 'n privaat badkamer met 'n stort. Die gryswater word herwin en daar is 'n kompos-ekotoilet.

Die gasheer woon op die perseel en is beskikbaar om gaste te help met enige vrae of raad oor die area. Die gashere groei hulle eie piesangs, organiese groente, en het hoenders vir vars eiers. Daar is ook 'n kat en 'n hond wat op die perseel woon.

Slaapplek

’n Bespreking by The Sanctuary Bush Retreat sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir The Sanctuary Bush Retreat
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • The Sanctuary Bush Retreat, Yellowwood-Ruigtevlei Weg, 12 km buite Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Sanctuary Bush Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Sanctuary Bush Retreat, Yellowwood-Ruigtevlei Weg, 12 km buite Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWLNCMc5MqoJJV9JqY6QEkWa96tBKd3Ks0BnKZaXHcKsFfmLW60?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 The Sanctuary Bush Retreat Yellowwood-Ruigtevlei Road 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.984618737311 22.828405968925
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za