Amathole-distrik Akkommodasie by The Shire Eco Lodge | LekkeSlaap
+13

The Shire Eco Lodge

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Erf 158, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R795 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Shire Eco Lodge is aan die rand van die inheemse Xholora-woud in die Amatolaberge, 10,2 km vanaf Stutterheim geleë. Die lodge bied 'n innoverende ontwerp in 'n manjifieke omgewing en is die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers, avontuurlustiges, sakereisigers en gesinne.

Gemaklike verblyf word in 2 selfsorg-chalets aangebied. Elke oopplan-chalet het 'n koningingrootte-bed of 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en gaste het toegang tot hul eie braaigeriewe. Die chalets het treffende hoekvensters met geboë glas waar gaste kan voel asof hulle deel is van die woud.

Daar is 'n aantal restaurante in Stutterheim waar gaste saans kan eet. Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit pragtige staproetes na watervalle, Lemonwood-woude, die Andersondam, perdryroetes, voëlkyk, bergfietsroetes, kanovaart op die Gubu-dam, forel- en basvisvang, boogskiet, rotsklim en boulwerk, abseil, motorfietstoere, gholf, tennis en muurbal in. Verder kan gaste ook plaaslike kunstenaars en galerye, pottebakkerywerkswinkels, die Stationary Engine Museum, Old Thomas River Historical Village met sy rotskunsmuseum en toere besoek, of die Mqwali Xhosa Cultural Village.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 32 resensies vir The Shire Eco Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Erf 158, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Shire Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amathole-distrik Oos-Kaap
Vanaf R795
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R795
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Erf 158, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiMGVjZGY3LTcyYTAtNDk2OC1iMzgyLTc3NjkxYThlYTBjYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R795  per nag (vir 2 persone) 32 5 1 5 Plot 158 Stutterheim 4930 Oos-Kaap 086 999 0018 10:00-22:00 12:00 -32.536391740024 27.384565472603
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za