The Silver Kudu

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Silver Kudu is 'n ou kerkie op 'n plaas wat onlangs oorgedoen is en nou selfsorgverblyf in Tonteldoos bied. Tonteldoos is bereikbaar via 'n grondpad, ongeveer 20 km van Dullstroom af, en 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte word sterk aanbeveel. Hierdie deel van Suid-Afrika is veral bekend vir sy verskeidenheid plant- en diersoorte en dis vreeslik stil en rustig hier. Kom herlaai jou batterye en geniet die panoramiese uitsigte oor die bergreekse.

Die eenheid beskik oor 2 verdiepings - die slaapkamers en toilet is bo en die tweede badkamer, leefarea en kombuisie is onder. Daar is 3 slaapkamers waarvan 2 oor koningingrootte-beddens beskik en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer met 'n instapstort en toilet is onder geleë.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, ketel en 'n yskas-vrieskas. Die oopplan-leefarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense en die sitkamerarea beskik oor 'n koolstofie wat dit ekstra gesellig maak. Buite is daar ook 'n braaiplek en kampvuurgeriewe.

The Silver Kudu is op 'n rustige 12 hektaar-eiendom geleë wat onbelemmerde uitsigte op die omliggende berge bied. Tonteldoos het verskeie restaurante en meer as genoeg watergate met TV-stelle sodat jy nie enige sportwedstryde hoef mis te loop nie.

Slaapplek

'n Bespreking by The Silver Kudu sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Silver Kudu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za