Tuinroete Akkommodasie by The Studio @ Mount View Lodge | LekkeSlaap
+42
+42

The Studio @ Mount View Lodge

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 3)
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount View Lodge, Barrington-weg, Elandskraal, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Studio @ Mount View Lodge is 'n ruim, luukse selfsorg-ateljeewoonstel waar troeteldiere welkom is. Dit is ontwerp om by die plattelandse landskap in te pas en is in 'n stil, rustige en veilige omgewing wat aan gaste 'n gehalte-blaaskans bied. Die eenheid spog met 'n uitsig wat oor die plaas tot by die Outeniekwaberge en die Knysnawoud strek en is net 15 minute se ry van Sedgefield met sy winkels, restaurante en strande af. Knysna en Wildernis is net 25 minute se ry al langs die bekende Tuinroete. Die Garden Route Trail Park en Sewe Passe is net 5 minute se ry ver en maak van The Studio die ideale rusplek vir bergfietsryers en natuurliefhebbers.

Die ateljee het 'n oopplan-uitleg en bied 'n ruim, sonnige sitarea, 'n kombuis en 'n eetarea met 'n asemrowende uitsig. Die badkamer maak 'n stelling en laat gaste toe om in privaatheid met die natuur te verkeer. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Daar is ook 'n gemaklike rusbank waarop 'n derde gaste kan slaap. Die kombuis het 'n gasstoof met 2 plate, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Dit is goed toegerus sodat gaste heerlike maaltye by die eenheid kan voorberei.

Die patio onder 'n pergola bied ook 'n uitsig op die Outeniekwaberge en is ideaal vir skemerkelkies en braai na 'n lang dag vol avonture. Hier kan gaste ook sonbaai en die rus en vrede van die omgewing geniet.

Groot vensters en deure maak oop op 'n groen tuin wat voëltjies, skoenlappers en bye lok. Voerbakkies is op die perseel geplaas om te verseker dat gaste 'n verskeidenheid voëls van naderby kan aanskou en die klein, omheinde grasperk maak die eenheid ook troeteldiervriendelik.

Gaste het toegang tot 'n groentetuin waar hulle seisoenale groente en vrugte kan pluk.

Die gashere woon op die perseel in die hoofhuis en respekteer gaste se privaatheid. Hulle sal egter raad en inligting verskaf oor die omgewing, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Die kothuis is omhein en heeltemal privaat.

Slaapplek

’n Bespreking by The Studio @ Mount View Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed Enkelslaapbank
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir The Studio @ Mount View Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Mount View Lodge, Barrington-weg, Elandskraal, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Studio @ Mount View Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 3)

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R700
per nag (plek vir 3)
Vanaf R700
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount View Lodge, Barrington-weg, Elandskraal, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdcj2ai7wamzaqziugkaIPdGxp99eX4vT8cZ5Pbf4Uh30IFJ6uI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 Mount View Lodge, Barrington Road Elandskraal 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.966572586614 22.875297918965
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za