The Syrene Sandton Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Syrene Sandton Boutique Hotel lê in die hartjie van die stylvolle Rivonia in Johannesburg. Dié area het 'n ryk geskiedenis en is alombekend vir die museums, kunsgalerye, teaters, markies en restaurante. Dis die perfekte wegbreekplek vir diegene wat graag die moderne Suid-Afrika eerstehands wil beleef.

Dié hotel het slaapplek vir tot 42 gaste in 20 luukse kamers en 1 presidensiële suite. Die luukse kamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer me t'n bad, 'n stort en 'n aparte toilet. Daar is ook lugversorging, 'n kluis, 'n kombuisie, 'n leefarea, ondervloerse verhitting, 'n yskas, 'n haardroër, 'n yskassie en 'n TV met DStv.

Die presidensiële suite het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort, sepies, verhitte handdoekrelings en 'n aparte toilet. Daar is ook lugversorging, ondervloerse verhitting, 'n kaggel, 'n kluis, 'n haardroër, koffie- en teemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met DStv.

Dié hotel het ook 'n swembad, 'n braai-area, WiFi, konferenisegeriewe en veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Syrene Sandton Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 920 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za