The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs District-weg D734, Belvidere-plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate is in die ongerepte Karkloofvallei op 'n plaas met 'n lieflike uitsig oor die Karkloofreservaat en weiveld geleë. Dit is ongeveer 24,6 km vanaf Howick en ideaal vir diegene wat 'n rustige wegbreek soek.
The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate bied slaapplek aan 8 gaste en is ideaal vir 2 gesinne wat uit 4 volwassenes en 4 kinders bestaan. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed en gaste deel 2 badkamers. Daar is ook 'n solder-speelkamer vir kinders. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet en die tweede een het 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-huis het 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n knus kaggel en die eetarea. Daar is ook 'n tweede sitarea.
Die stoep spog met 'n skilderagtige uitsig oor die rivier. Daar is ook genoeg sitplek, 'n pizza-oond, vuurput, luukse dagbed, privaat warmbad en 'n buite-sauna.
Die area is ideaal vir bergfietsryers wat op soek is na 'n naweekwegbreek met ongelooflike berguitsigte. Saans sal gaste met die rooijakkals se geroep in die verte insluimer en soggens saam met die koeie se rustige gebulk wakker word.
Slaapplek
’n Bespreking by The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 60
Jaar gelys 4
Ligging
- Langs District-weg D734, Belvidere-plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Tented River Camp @ Belvidere Country Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs District-weg D734, Belvidere-plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom