The Treehouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Treehouse het 'n 120º-uitsig en is in die rustige Pumula tussen Hibberdene en Port Shepstone geleë. Pumula is afegeleë, tog naby genoeg aan alles wat mens nodig het. Gaste kan 'n al fresco ontbyt op die dek geniet of in die eetarea ontbyt eet.

The Treehouse is in 'n veilige area geleë. Dit is heeltemal met mure omhein, en het elektriese hekke en genoeg parkeerplek.

Die eenheid het gemaklike slaapplek vir 8 gaste en bied 'n keuse van 3 en suite-slaapkamers met plafonwaaiers op die boonste verdieping. Die eerste 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en 'n asemrowende uitsig oor die see. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Daar is 'n dek met 'n braai-area, 'n geslote veranda en 'n kroegarea met panoramiese see-uitsigte op dieselfde verdieping.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die ruim leefarea en eetarea is rondom 'n geelhoutboom wat die dakstruktuur ondersteun. Daar is 'n groot TV met 'n DStv-koppelpunt in die leefarea. Gaste moet asseblief hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die strand is 8 minute se stap weg en is veral gewild onder vissermanne. Banana-strand en Umzumbe-strand, met hul gety- en rotspoele, haainette, lewensredders en restaurante is 2 minute se ry weg. Hibberdene is 5 minute se ry weg en het Blouvlagstrand-status. Daar word vermaak op Hiberdene se strand gebied in vakansies.

Doendinge langs die kus sluit visvang, branderplankry, skubaduik, bootritte, fietsry- en voetslaanroetes, en 'n aantal gholfbane in. Oribi Gorge is 40 minute se ry weg en bied kloofspring, witwatervlotvaart, abseil en perdry. Lake Eland Wildreservaat is langsaan Oribi Gorge en Wild Coast Casino is 45 minute se langs die kus weg.

The Treehouse is ideaal vir 'n vakansiewegbreek vir groot families of 'n groep vriende.

Slaapplek

'n Bespreking by The Treehouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Treehouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za