Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Turbine Boutique Hotel and Spa

  • Kapasiteit: 52 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Sawtooth-laan TH 36, Thesen Islands, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 460 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Turbine Boutique Hotel and Spa is een van Suid-Afrika se mees buitengewone hotelle en dis op Theseneiland in Knysna geleë. Dit bied luukse verblyfopsies, heerlike disse en die mooiste uitsigte. Die hotel was 'n ambisieuse projek wat 'n ou kragstasie in 'n unieke boetiekhotel omskep het. Die ou kragstasie se masjienerie is ook gerestoureer en vorm deel van die hotel se versiering. Die hotel spog met wêreldklasfasiliteite en dis 'n lieflike bestemming vir gaste wat lekker wil eet en rus, vir troues en sakereise.

Die verblyf beskik oor 26 kamers en suites. Daar is 17 standaardkamers, 6 luukse kamers, 'n wittebroodsuite en 2 selfsorg-suites, naamlik die Lagoon Suite en die Canal Suite. Elke kamer het luukse geriewe soos 'n platskerm-TV, WiFi, 'n kroegie met voorraad en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Island Café is gewild onder plaaslike inwoners, vakansiegangers en hotelgaste en dit bied sitplek aan 90 gaste. Dit bied 'n uitsig oor die kanaal vanaf die terras en swembaddek. Dit het 'n indrukwekkende plaaslike wynversameling en die Gastro Pub is die ideale plek om 'n drankie te geniet.

Die hotel bied ook uitstekende konferensiefasiliteite soos 2 konferensiekamers, die Boiler Room en Yellowwood Room, met plek vir 20 afgevaardigdes rondom tafels of tot 40 afgevaardigdes wat in 'n teater-styl sit. Daar is ook gratis WiFi.

Dit is ook 'n pragtige trouvenue - in die binnehof of in die Island Café met die Knysnameer in die agtergrond. Gaste kan die onthaal in die Island Café hou wat na die grasperk en swembaddek lei. Geniet 'n massering by die spa of slaap in die romantiese wittebroodsuite. Die Turbine Spa, een van die beste spa's op die Tuinroete, is 'n lieflike toevlugsoord en bied 'n verskeidenheid behandelings insluitend masserings en gesigsbehandelings. Kunsliefhebbers kan die skilderye wat in die voorportaal en binnehof uitgestal word aanskou. Dit is deur die Knysna Fine Art Gallery aan die hotel geleen.

Die hotel se eie avontuursentrum, die Turbine Water Club, reël 'n verskeidenheid water- en landaktiwiteite soos strandmeervaarte, woudwandelings, stadstoere en fietsverhuring. Gaste kan ook pontvaarte, visvangvaarte, walviskyk en kajakvaarte geniet. Gidse is beskikbaar om die aktiwiteite op land te begelei.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir The Turbine Boutique Hotel and Spa
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Chris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 6

Ligging

  • Sawtooth-laan TH 36, Thesen Islands, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Turbine Boutique Hotel and Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 460
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 460
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Sawtooth-laan TH 36, Thesen Islands, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2859f47fb8f8f87bd7c13b04b415a92622e65c9b2f85dfab27f433d5968a7a0fc098275326223d445e662beb62929f05ba88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 460 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 TH 36 Sawtooth Lane Thesen Islands 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.048582875582 23.04897753373
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem