Gordonsbaai Akkommodasie by The View | LekkeSlaap
+22

The View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 177, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The View is op die derde verdieping van die Bikini Beach Suites in Gordonsbaai geleë en bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerwoonstel teen die water, net 'n klipgooi vanaf die Blouvlagstrand, Bikini Beach.

Die woonstel het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefkamer en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n TV aan die voetenent en 'n en suite-badkamer met 'n groot ovaalbad, stort en toilet. Die gasteslaapkamer het 2 enkelbeddens en het sy eie stort en toilet. Die leefkamer is in 'n strandstyl versier en het oopvoudeure wat na 'n ruim balkon met uitsigte oor die see en hawe lei. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en die woonstel het toebehore soos 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Linne en strand- en badhanddoeke word ook voorsien.

Gaste kan lekker kuslangs dorp toe stap en die woonstel is gerieflik loopafstand van restaurante en die hawe af. Dit is sentraal geleë in die Helderberg-streek en die ligging bied baie geleenthede vir avontuurlustige doendinge, walviskyk en gholfspeel. Gaste kan ook die Kaap se lekker wyne by ons geniet en net lekker op een van die baie strande naby ons ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by The View sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Kusweg 177, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 177, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWyqFhp8ShNYGqLEFFrOSmAn60USUjeZmJQeW8SNMDDuUyS9Col?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 4) 177 Beach Road Gordon's Bay 7151 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.166365677151 18.858223717791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za