The View and The Cottage
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gumtree-laan, Ablert Falls, 3220, KwaZulu-Natal
- Vanaf R800 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
The View and The Cottage is 'n klein gastehuis wat selfsorgverblyf met of sonder ontbyt bied, met asemrowende uitsigte oor die Albert Falls-dam spog en wat front na die Karkloof-heuwels. Hier kan gaste
net lekker ontspan en tred van tyd verloor of die area se besienswaardighede verken.
Verblyf word aangebied in 3 gastesuites wat elk vir 2 gaste geskik is. Hierdie suites kan apart of as 'n groep met gedeelde selfsorggeriewe bespreek. Elke suite het 'n privaat glydeur wat na die veranda lei en het 'n en suite-badkamer. Ander geriewe sluit 'n plafonwaaier, muskietafweermiddels, tee- en koffiemaakgeriewe soos melk, suiker en tuisgebakte koekies in.
The View het WiFi en 'n binnenshuise kuierarea met 'n veerpyltjie-bord, snoekertafel en 'n klein biblioteek. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstofie, mikrogolf,
eetgerei, breekware, kookgerei en 'n Nespresso-masjien toegerus is. Gaste kan hulle eie koffie-kapsules vir die masjien of filterkoffie saambring. Daar is 'n gas- of houtbraai op die stoep.
The Cottage is 150 m vanaf The View en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 'n kind. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuisie. Die tafelbladvierplaat stoof werk met gas en daar is gas en 'n elektriese ketel, wat gaste tydens beurtrkag kan gebruik. Let asb. dat daar geen oond is nie. Die warm water werk via 'n gasgeiser en drukpomp, so daar is warmwater solank daar krag is. Let ook daarop dat The Cottage nie Wi-Fi het nie.
Gaste kan verskeie bokke, sebras, kameelperde en volstruise sien, asook 'n verskeidenheid insekte, voëls, vlermuise en uile wat gereeld nes maak of onder dak slaap.
'n Nie-omheinde swembad is beskikbaar vir al ons Gaste gedurende die dag, maar gaste onder die ouderdom van 12 of wat nie-swemmers is, moet vergesel en onder toesig wees van 'n volwassene wat kan swem. Die snoekertafel is wonderlike vermaak maar het 'n ouderdomsbeperking van 16 jaar.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Gumtree-laan, Ablert Falls, 3220, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The View and The Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gumtree-laan, Ablert Falls, 3220, KwaZulu-Natal