The View in Mabalingwe

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The View in Mabalingwe bied verblyf op 'n koppie in die Groot 5 Mabalingwe Wildreservaat, ‘n malaria-vrye area net 130 km van Pretoria af. Dié selfsorghuis spog met 'n ongelooflike uitsig oor die dam en op die berge en is ideaal vir gesinne wat lief is vir die natuur of vir paartjies op soek na 'n romantiese wegbreek. Ontspan op die stoep vanwaar jy die seekoeie kan sien en hoor vroegoggend na die leeus se gebrul en die visarend se geroep.

Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en twee badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n romantiese bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en albei kamers bied mooi uitsigte oor die dam. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed.

Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea en daar is 'n buitestort met warm water. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n TV met vol DStv.

Daar is 'n privaat boma vir laatnag-braai onder die sterre en ‘n privaat swembad vir afkoel onder die bosveldson. ‘n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit en daar is parkeerplek onder 'n skadunet vir 2 voertuie.

Ons gee graag afslag vir besprekings in die middel van die week vir wittebroodspaartjies of paartjies wat hulle huweliksherdenking vier.

Geniet 'n gratis wildrit in jou eie voertuig of bespreek 'n wildrit in Mabalingwe se safari-voertuie by ontvangs. Daar is ander doendinge soos nag-wildritte, voëlkyk en perdry.
Mabalingwe bied ook gratis doendinge soos putt-putt, tennisbane, 'n muurbalbaan, 'n pooltafel, speelkamer vir kinders, tafeltennis, 'n groot skaakstel en swembaddens insluitend 2 verhitte swembaddens.

Die plaaswinkel is oop vir besoekers gedurende die dag en daar is 'n restaurant met uitsigte oor die dam.

The View in Mabalingwe is 'n bosveld-ervaring wat jy vir altyd sal onthou!

Slaapplek

'n Bespreking by The View in Mabalingwe sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The View In Mabalingwe gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za