The Waters

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Waters is geleë in Summerfield, buite Hillcrest. Dit bied gehalteblyplek en is ideaal vir sakesreisigers of vakansiegangers wat op soek is na 'n gemaklike plek om oor te slaap.

Verblyf word in 2 eenhede naamlik The Waters en The Cabin aangebied.

The Waters is 'n ateljeewoonstel met 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet wasbak.

Die kombuis is toegerus met basiese selfsorggeriewe en soos 'n yskas, mikrogolfoond, elektriese braaipan, halogeen-oond, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. In die sitkamer is gemaklike sitplek, asook boeke en tydskrifte.

Die eenheid is troeteldiervriendelik, so gaste is welkom om hul viervoetige kinders saam met bring. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe op die privaat stoep en daar is veilge parkeerplek langs die eenheid. Daar is 'n wasgoeddiens teen ekstra koste.

The Cabin is 'n eenslaapkamer-eenheid met 'n dubbelbed in die slaapkamer en 'n enkelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, elektriese braaipan, broodrooster en 'n ketel toegerus. Gaste het ook toegang tot 'n stoep en parkeerplek langs die eenheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Waters gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za