Bloubergstrand Akkommodasie by The Waves 1002 | LekkeSlaap
+22

The Waves 1002

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Waves, op die hoek van Coral- en Foamstraat, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Waves 1002 is 'n tweeslaapkamerwoonstel in Bloubergstrand met asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en Tafelberg in die verte. Dit het ook al die nodige geriewe vir 'n privaat en luukse selfsorgvakansie.

Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Daar is 2 badkamers beskikbaar, een met 'n bad en die ander een met 'n stort. Die hoof-leefarea aan die binnekant het 'n oopplan-uitleg en bevat die kombuis wat lei na die leefarea wat op sy beurt weer lei na die balkon. Die volledig toegeruste kombuis het gladde graniettoonbanke en 2 kroegstoeltjies. Daar is ook 'n ketel, koffiemasjien, skottelgoedwasser, yskas, vrieskas en stoof en oond. Die leefarea het 'n driesitplek-rusbank en 2 enkelsitplek-leunstoele met 'n groot platskerm-TV met 'n DVD-speler en DStv.

Die balkon sal jou bederf met fantastiese uitsigte en 'n etenstafel met bankies. Dit is perfek vir buitelug-etes of 'n ontspanne skemerkelkie terwyl jy die prentjiemooi skemer verwelkom.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig in 'n kelderparkeerplek en die sekuriteit is goed aangesien die gebou 'n toegangsbeheerde kompleks is. Internet-toegang is ook beskikbaar. Die kusvoorstad Bloubergstrand is 'n uitstekende vakansie-bestemming met verskeie lekker plekke binne stapafstand van die kompleks, van hulle is selfs op die strandfront!

Daar is 2 winkelsentrums wat net 'n kort motorrit ver is. Bloubergstrand is ideaal geleë met die Kaapse middestad suid van dit en die luisterryke Weskus na die noorde met sy talle bekoorlike dorpies en pragtige natuurreservate.

Slaapplek

’n Bespreking by The Waves 1002 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 10 resensies vir The Waves 1002
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • The Waves, op die hoek van Coral- en Foamstraat, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Waves 1002 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Waves, op die hoek van Coral- en Foamstraat, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0yBO9sXBY4BvCuLYeKvHl1twykIiRwS7NJnHo1z7yY5EO31ksa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 The Waves, Cnr of Coral & Foam Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.817382210287 18.474870622158
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za