LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Weaver | LekkeSlaap
+25

The Weaver

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bird-straat 2, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Weaver is bo die kranse en sandduine geleë en bied selfsorgverblyf aan 6 gaste 100 meter vanaf die strand in Arniston.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en sitarea. Een van die slaapkamers het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. 'n Enkelbed, 'n matras en ekstra komberse is beskikbaar. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Daar is 'n buitestort.

Die oopplan-kombuis is met 'n kaggel, stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is beskikbaar.

Die sitarea het 'n TV en gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na die stoep en beskutte tuin wat privaatheid bied. Gaste kan ook op die balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig en sitarea ontspan.

Arniston bied verskeie restaurante, lieflike strande, bergfiets- en voetslaanroetes, visvanggeleenthede, walviskyk en duik tussen die skeepswrakke aan die kus. Gaste kan ook die spa by die Arniston Hotel en die Waenhuiskransgrot besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by The Weaver sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Ekstra enkelmatras
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xEkstra enkelmatras

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir The Weaver
Netheid
3.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Bird-straat 2, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Weaver het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bird-straat 2, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa4753bd3a324f559277fd0f3dd451174972b3522d8d243fb3cd2201d05ca7f11d4f8d70413002b5195d13d7fdfb0a366f60c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 2 Bird Street Arniston 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.669992 20.233026
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!