Grottobaai Akkommodasie by The White House at Grotto Bay Nature Reserve | LekkeSlaap
+47

The White House at Grotto Bay Nature Reserve

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandplover-keeromstraat 5, Grottobaai, Weskus, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The White House at Grotto Bay Nature Reserve is 'n luukse huis met 4 slaapkamers wat keurig versier is. Die huis spog met onbelemmerde uitsigte oor die see en die reservaat. Die huis is in Grottobaai se privaat natuurreservaat geleë. Die eenheid is sowat 45 minute se ry van Kaapstad, en slegs 20 minute van Yzerfontein af.

Hierdie strandhuis bied privaatheid en beskik oor 4 slaapkamers (3 en suite), 4 badkamers, en oopplan-leefarea en -kombuis. Die huis het slaapplek vir 8 gaste. Die twee slaapkamers op die boonste verdieping het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat meer geskik is vir kinders. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, melk- en Nespresso-koffiemasjien. Dit vloei lekker in die oopplan-sitkamer waar gaste voor die kaggel en platskerm-TV kan ontspan of maaltye rondom die etenstafel geniet. Daar is ook 'n tafeltennis-tafel en optiese veselinternet.

Die sitkamer lei na die lieflike terras met sitplek buite. Daar is 'n Weber-braai, 'n dek en 'n sonkrag-verhitte swembad. Gaste het ook toegang tot WiFi en parkeerplek.

Die Weskus is 'n pragtige streek in die Wes-Kaap wat aan die Atlantiese oseaan in die weste grens en aan die Swartland aan die oostekant. Dit is 'n mengsel van bekoorlike vissersdorpies, die Weskus Nasionale Park, die Kaapse Fossielpark en die manjifieke veldblomprag wat tydens die lentemaande sy opwagting maak. Roete 27 raak nou vinnig 'n gewilde vakansieroete vir diegene wat die stad wil ontsnap.

Slaapplek

’n Bespreking by The White House at Grotto Bay Nature Reserve sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Spaans

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Sandplover-keeromstraat 5, Grottobaai, Weskus, 8000, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R8 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R8 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandplover-keeromstraat 5, Grottobaai, Weskus, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA097d2289576ddf37f51e42689f7d19cf2b2882786f3e9e53b31e68d7b6828accc101ca64a5e1334b123f24c57873800fa6a9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R8 500  per nag (plek vir 8) 5 Sandplover Close Grotto Bay 8000 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -33.496718665019 18.319390813491
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za