The Yard

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Yard bied gerieflike verblyf in Gordonsbaai naby die strand, verskeie winkels en restaurante.

Daar is verskillende verblyf-opsies: selfsorgverblyf, 'n kamer met 'n badkamer, of die opsies om 'n kamer te deel. Daar is 4 eenhede, ideaal vir vakansiegangers, sakereisigers of oornagverblyf.

Die Cottage is privaat, nie naby die hoofhuis nie en bied 'n berg-uitsig. Dit beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet, wasbak en 'n bad. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware, wasmasjien en skottelgoedwasser. Daar is ook lugversorging vir die warm somerdae en 'n kaggel vir die nat winters. Buite is daar 'n ruim onderdak-kuier- en braai-area.

Die Bed in the Shed (BITS)-eenheid is 'n werkswinkel wat kreatief opgeknap is. Dit beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n yskas, mikrogolf plus tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei. Die eenheid is apart en daar is veilige parkeerplek reg langsaan. Let op dat die kamer nie selfsorg is nie.

Die Vine-kamer is voor in die hoofhuis en beskik oor die opsie van 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Dit het 'n en suite-oopplanbadkamer. Daar is 'n yskas, mikrogolf plus tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei. Let asb. op dat dié kamer nie selfsorg is nie.

Katze Dormitory is afsonderlike vanaf die hoofhuis. Daar is 2 stapelbeddens en het slaapplek vir 4 gaste. Die bespreking geld per bed, en is moontlike gaste deel met ander reisigers die kamer sal deel. Daar is 'n toilet en stort buite beskikbaar. Daar is 'n yskas en mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe plus die nodige eetgerei.

Oorgenoeg veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Troeteldiere is welkom by The Cottage indien vooraf gereël word en mag ekstra kos.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Yard gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false