Thistledown Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thistledown Country House is bekend vir sy gasvryheid, gerieflike verblyf en fynproewersetes. Dié opgeknapte plaashuis is in 1937 gebou en is in die inheemse Karkloof-woud geleë, die tweede grootste woud in Suid-Afrika.

Vanaf die wye, L-vormige stoep sal jy asemrowende voëllewe kan sien, asook die rare Samango-ape, bosbokke en duikers wat soms die tuin besoek. Thistledown is naby verskeie ander besienswaardighede van die Karkloofvallei, Karkloof-boomtoptoere, Karkloof Bewarea en Karkloof Klub, wat ’n bekende polo-venue is. Daar is ook pragtige bergfietsroetes in die area. Die Ben Vie-tuin is ook 'n moet om te besoek.

Daar is 5 en suite-dubbelkamers wat gerieflik en individueel versier is, insluitend unieke meubelstukke. Ontbyt word voorsien en ander etes kan gereël word. Die spyskaart vir middag- en aandetes moet ten minste 24 uur voor die tyd bestel word.

Let asb. daarop dat hier nie ’n TV is nie asook geen selfsorggeriewe nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thistledown Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R960 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za