Thobeka Lodge
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 153 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kosibaaipad, Kosibaai, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R300 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Thobeka Lodge is 'n ongekunstelde selfsorg-lodge net langs die P522 in Kosibaai, 5 km vanaf Manguzi, 14 km vanaf die Farazela-grenspos na Mosambiek en 22 km vanaf Kosibaai.
Verblyf word aangebied in 'n verskeidenheid dubbelkamers, slaapsale en gesinskamers. Elke kamer is geskakel met 'n houtwandelpaadjie. Hier het gaste privaatheid en die ruimte om hul skoene uit te skop en ononderbroke ontspanning te geniet. Elke eenheid het 'n gemaklike bed, muskietnet en waaier vir warm, lui middae en soel Afrika-aande.
Die gemeenskaplike kombuis is goed toegerus vir selfsorg met kombuisware, breekware, yskaste, tee- en koffiemaakgeriewe en suiker. Warm storte en toilette word ook voorsien en ons kan 'n wasgoeddiens lewer teen 'n klein ekstra koste sodat jy darem skoon klere kan aantrek na 'n lekker warm stort.
Langs die kroeg is die swembad in geval jy graag wil afkoel na aan jou volgende koue bier. Die braaigeriewe is ook langs die swembad en ook net 'n hanetreetjie van die kroeg af, so jy kan lekker swem, bier drink en die vryheid wat Thobeka bied geniet.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kosibaaipad, Kosibaai, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Thobeka Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Star Mission Village Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 153 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kosibaaipad, Kosibaai, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom