Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tholo Private Game Lodge

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel, hef die instansie ook 'n eenmalige R350 skoonmaakfooi per bespreking.

Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!

Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *

Pensioenaris-aanbod

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Hierdie aanbod is altyd geldig. Dié aanbod is slegs vir pensioenarisse beskikbaar. B’s&V’s geld.

Op die Nippertjie-aanbod

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Weeksdagaanbod

Ontvang 'n gratis ... op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Aug 2024 tot 30 Nov 2024.

Weeksdagaanbod

Ontvang 'n gratis spa-behandeling op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Sep 2024 tot 3 Okt 2024.

Langtermynverblyf-aanbod

Ontvang 'n gratis gebruik van 'n wildritvoertuig vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Prys sluit in
Selfsorg.
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R3000 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

- 'n Wildritvoertuig kan teen 'n ekstra fooi per dag gehuur word. Begeleide wildritte is beskikbaar teen 'n ekstra koste vir 'n twee uur se ry.

- Let op dat 'n grondpad na die verblyf lei. Gaste moet navraag doen oor die toestand van die grondpad voordat hulle bespreek.

- Tholo Lodge het 'n omsetter/rugsteunkragstelsel en die ligte en WiFi sal steeds tydens beurtkrag werk. Dit is belangrik om te let daarop dat alhoewel baie moeite gedoen is om water en elektrisiteit aan die perseel te voorsien, die verblyf steeds afhanklik is van die water vanaf die Mabalingwe Wildreservaat. Gedurende sekere fases van beurtkrag kan die reservaat nie altyd die watertenks tot kapasiteit vul nie en daar mag dalk kort tydperke wees wanneer water beperk is gedurende beurtkrag-tye. Ongelukkig kan die verblyf en eienaars nie verantwoordelik gehou word hiervoor nie en gaste sal geen terugbetalings hiervoor ontvang nie.

- Vullis moet in die lodge of asblikke wat voorsien moet word, gelos word en sal verwyder word wanneer 'n skoonmaakdiens bespreek word.
- Moenie meubels rondskuif nie, behalwe sonstoele en vopvoustoele. Dit beskadig die dek.
- Alle deure en vensters moet gesluit word wanneer gaste nie tuis is nie.
- Alle deure en vensters moet gesluit word wanneer gaste vertrek.
- Die lodge-sleutels mag nie van die eiendom verwyder word nie en moet in die sleutelboksie toegesluit word, selfs wanneer gaste op 'n wildrit gaan.
- Vure word slegs in die aangewese areas toegelaat; braai en boma.
- Hout vir die boma- en braai-area kan vooraf teen 'n ekstra koste per sak bestel word vir aflewering by die lodge.
- Geen hout mag in die veld opgetel word nie.
- Bierbottels, doppies, sigaretstompies, ens. wat in die veld gegooi word, word teen R500 skoongemaak.
- Enige skade wat veroorsaak as gevolg van gaste wat nie die reëls nakom nie, sal direk van die gaste gehef word.
- Sommige paaie in die reservaat is nie geteer nie en gaste word daarom aanbeveel om 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte te gebruik.

Let asb. op die volgende:
Die bestuur van die Mabalingwe Natuureservaat en die raad, eienaars en agente van Tholo Lodge aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige verlies, skade of ongerief wat veroorsaak word deur diere, weerstoestande, besering, kragonderbrekings, beurtkrag, vuur of diefstal van enige soort nie.

- Let daarop dat gaste met die bespreking die volledige bepalings en voorwaardes soos deur die instansie verskaf, moet aanvaar.
-Breekskadedeposito's sal 5-7 dae na uitklok terugbetaal word. Dit is die gas se verantwoordelikheid om ons van bankbesonderhede te voorsien vir die terugbetaling.
- Gase moet teen 10:00 uitklok. 'n Laat-uitklokdiens is onderhewig aan beskikbaarheid en beloop 'n ekstra fooi. Doen asb. vooraf navraag.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R5 300
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R5 300
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R5 300
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6155b4941b574fb6df4598e1bd82ab2c05f7a2c099b71de05e52834df6c6f729c9a7c9dd5301c268bbb761cdaf51ae37b2da?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 300 per nag (plek vir 12) 17 5 1 5 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -24.789884047235 28.08675402127

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang