LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Thonga Beach Lodge | LekkeSlaap
+36

Thonga Beach Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabibi, Isimangaliso Vleilandpark, Maputaland , 3815, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R11 240 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Thonga Beach Lodge is aan die ongerepte noordelike kus van KwaZulu-Natal in die Isimangaliso Wêrelderfenispark geleë. Dit is die ideale plek om ongerepte, wilde strande te verken.

Thonga Beach Lodge is 'n betowerende plek met kuswoude, grasveld, skitterende mere en verruklike sandstrande. Die kristalhelder, warm water bied geleenthede om ongehinderd te snorkel en te skubaduik net so 'n entjie van die kus af. Dit is heel moontlik dié beste plek hiervoor in Suid-Afrika.

Verblyf word aangebied in 12 suites vir 27 gaste. Elke suite het lugversorging en is sorgvuldig opgerig om 'n minimale uitwerking op die omgewing te verseker, met maksimum gerief.

Thonga Beach Lodge bied panoramiese see-uitsigte en gaste het toegang tot 'n swembad wat vir skubaduik-opleiding ontwerp is. Andersins kan gaste watertandlekker kookkuns, romantiese kerslig-etes op die strand en ontspanne Sea Spa-behandelings geniet.

Vir die meer aktiewe persoon is daar begeleide boswandelings, heerlike skemerkelkies en kultuurtoere deur die Tsonga-gemeenskap of jy kan op 'n kajakvaart op die Sibaya-meer gaan. Van November tot Februarie kan jy die wonderlike, reuse leer- en karetseeskilpaaie dophou wat teen die strand uitsukkel om hul eiers te lê. Hierdie manjifieke diere, wat dan die lengte van die Afrika-kontinent geswem het, keer elke jaar terug na die strand waar hulle uitgebroei het.

Kenmerke

Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Mabibi, Isimangaliso Vleilandpark, Maputaland , 3815, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Olifantkus KwaZulu-Natal
Vanaf R11 240
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R11 240
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabibi, Isimangaliso Vleilandpark, Maputaland , 3815, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI0NzRhNzZiLTQ4NWUtNGExZC1iMGJmLTQ2NTA1Yzc1ZWVjNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R11 240  per nag (vir 2 persone) Mabibi Isimangaliso Wetland Park 3815 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-16:00 10:00 -27.331343599842 32.750008106232
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!