Oude Dorp Akkommodasie by Thorntree Lodge | LekkeSlaap
+22
+22

Thorntree Lodge

  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Thorntree Lodge is 'n bosveld-lodge sowat 3 km van Potchefstoorm se Bult, die Universiteit van Noordwes-Universiteit en 500 m van Featherhill trouvenue en spa af.

Die lodge bied puik akkommodasie in 'n stil en rustige omgewing met voëllewe en wilde bokkies wat tussen die kamers wei.

2 Semi-selfsorgkamers met aparte ingange, koningingrootte-beddens en 'n volledige en suite-badkamer (bad en stort). Die kamers het 'n pragtige uitsig oor veld en die voëltjiebak en is baie naby aan die boma area.

Ons het ook 'n semi-selfsorgeenheid met 'n aparte ingang met 2 slaapkamers (2 enkelbeddens) en en suite-badkamers (stort).
Een semi-selfsorgkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer (stort). Die kamers kyk oor die veld uit en is baie privaat en stil.

Daar is ook staproetes vir besoekers wat soggens of laatmiddae 'n entjie wil gaan stap. Gaste kan ook heerlik braai by die boma en gebruik maak van die lapa-geriewe. Die geriewe is slegs vir gaste en bespreking moet vooraf met die eienaars gereël word. Houtskool en/of hout word nie voorsien by die lodge nie.

Die eenhede is ideaal vir enige geleentheid, sakereisigers, trougaste van 'n nabygeleë trouvenue af, ouers wat hul kinders by NWU besoek, of bloot net van die gedruis van die stad om 'n bietjie vars lug in te neem.

Ons is gereed om jou te verwelkom!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 80 resensies vir Thorntree Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Thorntree Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJjZDcwMDA5LWQ1YzktNGJlNS1iM2ZmLWIyZjIyNzU4OTdiNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 80 5 1 5 Portion 1177 Vyfhoek Dagbreek Landgoed 2520 Noordwes 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -26.654333989166 27.116580605507
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za