Three Oaks B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Three Oaks is 'n baie spesiale gastehuis in Durbanville en besonders mooi. Sakereisigers en toeriste is welkom. Ons instansie bied die perfekte plek vir troupaartjies en vir die neem van troufoto's, sakereisigers wat van 'n heerlike ontbyt hou of toeriste wat by die swembad of op die stoep in die feeagtige tuin wil ontspan.

Dit het 4 stylvol gemeubileerde en suite-dubbelkamers, elk met sy eie ingang na 'n welige tuin. Twee van die kamers is in 'n aparte Bo-Kaapse kothuis in die tuin geleë en kyk uit oor die swembad en grasperk. Dis privaat, stil en rustig en elke kamer het sy eie stoep. Dié 2 kamers is langs mekaar en dus ideaal vir 'n gesin van 4 of 5 gaste. Aparte gaste kan ook 'n kamer huur, omdat die kamer klankdig is.

Die ander 2 en suite-kamers is in die hoofgebou geleë. Dié en suite-kamers is ruim en stylvol ingerig en dit het ook 'n privaat ingang na die tuin. Elke kamer het koffie, tee en beskuit, asook yskasgeriewe. Volledige DStv en permanente WiFi-toegang is beskikbaar,

'n Volledige, smullekker ontbyt word in die somer op die stoep, en in die winter in die snoesige sitkamer met 'n kaggel, bedien. Die stoep is die ideale rusplek vir moeë gaste wat 'n skemerkelkie na 'n lang dag wil geniet. Veilige parkeerplek is vir al ons gaste beskikbaar.

Three Oaks is in 'n stil en rustige area geleë, maar bied steeds maklike toegang tot die N1. Dis gerieflik geleë naby die Wynlande, strande, Kaapstad Waterfront, Stellenbosch en baie gewilde inkopiesentrums en top restaurante.

Jou gashere is Stella en Kobus. Stella is die kunsinnige een en Kobus die buitemuurse avonturier wat vlieërvlieg, maar nie huiwer om 'n heerlike ontbyt op te dis nie. Die fynste besonderhede is vir hulle belangrik, en elke gas word as 'n individu met respek behandel. Kobus bied ook vervoer van en na die lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Three Oaks B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]