Thula Thula Private Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thula Thula Private Game Lodge is 'n 4-ster lodge wat verblyf bied in 'n privaat reservaat in Empangeni, KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir oordeelkundige reisigers wat op soek is na 'n luukse lodge wat volgens 'n Afrika-tema versier is met hartlike gasvryheid en heelwat doendinge op die perseel.

Ons het verskillende kamers en tent-chalets. Die eenhede is ruim, weelderig versier en het elkeen 2 driekwartbeddens, 1 dubbelbed, 1 koningingrootte-bed of 1 koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort (van die eenhede het buite storte). Toegerus met lugversorging, verwarmers, koffie- en teemaakgeriewe, haardroërs, muskietnette, kluis en verandas.

Gaste kan heerlike geregte nuttig by kerslig in ons restaurant en 'n paar ander in die oord en 'n groot verskeidenheid wyne is beskikbaar. Maak gerus ook 'n draai by die Marula Bar, die swembad, boma, privaat sitkamer en die biblioteek.

Masserings en refleksiologie word gedoen deur 'n gekwalifiseerde terapeut op die perseel en ons het ook 'n puik konferensielokaal met moderne geriewe en plek vir 35 tot 75 afgevaardigdes.

Gaste wat hier aanklop word bederf met die alles-ingesluit-opsie - sekere etes, drankies en aktiwiteite. En reisigers wat op soek is na opwindende safari's in oop Landrowers met professionele gidse, se soektog het sopas tot 'n einde gekom! Verken die omgewing se diversiteit, wild en voëllewe.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thula Thula Private Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 440 per nag (vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za