Tigh-na-Breagha

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tigh-na-Breagha beteken "huis van skoonheid" in Gaelies en word besit deur 'n Suid-Afrikaanse Skotse paartjie. Die naam is gekies te nagedagtenis aan hulle Skotse skaaphond, Breagha, wat mal oor McGregor sou wees.

Dié huis is in die boonste deel van die dorp langs 'n organiese plasie en bied 'n lekker plattelandse atmosfeer naby die dorpsgeriewe.

Die leefarea en kombuis lei na 'n skadustoep met 'n ongelooflike uitsig oor die pragtige tuin en op die Langeberge in die verte. Daar is ook 'n winterstoep waar jy in die winterson kan ontspan.

Die groot, helder kombuis het 'n La Germania-gasstoof, baie ruimte en lei na 'n etenstafel vir 6 en 'n gemaklike sitkamer met 'n kaggel. Daar is ook 'n TV met sekere kanale en gratis WiFi.

Die huis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, aantrekarea en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en is langs 'n badkamer met 'n stort en toilet.

Slaapplek

'n Bespreking by Tigh-na-Breagha sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tigh-na-Breagha gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false