Timbila Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Timbila beteken "ritme van die aarde" en dit is juis wat gaste hier kan kom ervaar. Timbila is in die skilderagtige Grootriviervallei tussen twee bergreekse weggesteek. Die Grootrivier is 'n oase vir wilde diere en lok ook 'n hele rits voëls.

Verblyf word in 3 boskampe (sommige van die tente het en suite-badkamers) en 'n kampterrein aangebied. Die juweel van die wildreservaat is ongetwyfeld die tenthuise in die boskampe. Deur in een van tenthuise te bly sal gaste vir seker onvergeetlike, unieke verblyf ervaar.

Elke verblyfopsie word eksklusief aan een groep toegeken, dus kan gaste na absolute privaatheid uitsien. Die tariewe is besonder billik en die reservaat streef daarna om die wonderskone natuur by Timbila aan soveel moontlik mense beskikbaar te stel.

Doendinge sluit 'n uitmuntende verskeidenheid wild en voëls om te sien, staproetes en 4x4-roetes in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Timbila Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za