Tin Can Glamping Caravan

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tin Can Glamping Caravan is op 'n kleinhoewe in Underberg geleë en funksioneer onafhanklik van die nasionale kragnetwerk. Verblyf word gebied in 'n ou karavaan wat oorgedoen is en waar gaste 'n uitsig oor die Umzimkulurivier kan geniet. Met die karaktervolle, grondpaaie, bergstroompies, sandsteenberge, warm kroeë en vriendelike inwoners sal enige Underberg-besoekers 'n onvergeetlike vakansie hê.

Die karavaan het 'n dubbelbed en is verbind aan 'n houteenheid wat 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet het. Daar is ook 'n kaggeltjie en 'n kombuisie. Die houteenheid het 'n klein stoep waar gaste kan ontspan en die uitsig geniet.

Die kombuisie het 'n yskas wat met sonkrag werk, 'n gaskookblad en 'n gasketel. Daar is ook draagbare braaigeriewe. Die badkamer maak gebruik van 'n gasgeyser en alle ligte werk met sonkrag.

Underberg is die ideale plek vir sport-entoesiaste en spog met fantastiese voetslaanpaaie, kunsvlieghengel-geleenthede, bergfietspaaie, gholf, riviervlotvaart en oorgenoeg visvangplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Tin Can Glamping Caravan sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tin Can Glamping Caravan gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za