Tinley Manor Hil's B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tinley Manor Hil's B&B bied verblyf in Tinley Manor Beach, net 15 km van Ballito af. Dié gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en lieflike uitsigte naby heelwat doendinge.

Ons bied 5 ruim slaapkamers wat elk uniek versier is en 'n selfsorg-eenheid met 2 slaapkamers wat smaakvol ingerig is. Die slaapkamers beskik elk oor óf 2 enkelbeddens, 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en toilet. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, plafonwaaiers, TV's met sekere DStv-kanale asook tee- en koffiemaakgeriewe in

Gaste nuttig soggens 'n heerlike ontbyt op die veranda met sy see-uitsigte langs die swembad. Hoewel die tariewe vir die selfsorg-eenheid nie ontbyt insluit nie, is dit dit beskikbaar teen ekstra koste indien dit vooraf gereël word. Die gastehuis het 3 gemeenskaplike braai-areas en is net 50 meter van die strand af waar gaste lekker kan swem en sonbaai.

Parkeerplek is ook beskikbaar. Tinley Manor Hil's B&B is net 'n klein entjie se ry vanaf verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede aan die Noordkus.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tinley Manor Hil's B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za