Tintswalo Atlantic

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tintswalo Atlantic is 'n luukse lodge wat verblyf en ontbyt bied aan die klipperige Atlantiese kuslyn in Houtbaai, Kaapstad. Die lodge is ideaal vir gaste wat gerieflike verblyf soek, hetsy vir 'n vakansie of 'n sakereis.

Verblyf by Tintswalo Atlantic bestaan uit 10 unieke suites. Elke suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n aparte stort. Die suites het elkeen ondervloerse verhitting, 'n houtkaggel, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n elektroniese kluis, 'n koffiemasjien en 'n yskassie wat op versoek gevul kan word.

Elke suite lei na 'n dek met 'n uitsig oor die see. Ontbyt en ander heerlike etes word by die restaurant op die perseel bedien. Die lodge spog ook met 'n mooi wynkelder en kroeg, 'n gastesitkamer met 'n kaggel, gratis WiFi, 'n verhitte swembad, spa-behandelings, 'n geskenkwinkel en veilige parkeerplek vir voertuie.

Die lodge het ook konferensiegeriewe wat gehuur kan word en spesiale geleenthede soos troues en partytjies kan ook gefasiliteer word. Tintswalo Atlantic is onder-aan Chapmanspiek-rylaan geleë en is sowat 6 km vanaf Houtbaai se hawe met restaurante en winkels. Kaapstad Internasionale Lughawe is sowat 37 km weg.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tintswalo Atlantic gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false