- Slaapplek vir 62 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - 1299 Bournemouth Avenue, Ivy Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
TO Strand Vakansieoord bied selfsorg-eenhede en kampplekke in Port Edward.
Die chalets het slaapplek vir 4 of 5 gaste en beskik oor dubbelbeddens of dubbel- en enkelbeddens. Elke eenheid het 'n privaat badkamer en die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof en oond. Elke chalet het ook 'n TV met 10 DStv-kanale. Al die eenhede het privaat ingange en sommige eenhede het lugversorging.
Gaste kan ook 'n karavaan en kampplek bespreek, waarvan sommige naby die rivier en ander naby die strand geleë is. Daar is 2 ablusieblokke beskikbaar wat deur die 2 kampterreine gedeel word.
Die oord bied staproetes, mini-gholf, 2 swembaddens en 'n speelarea vir kinders. Tydens die vakansieseisoen word vermaak vir gesinne verskaf. Daar is ook 'n konferensielokaal, restaurant, saal en trou-venue beskikbaar. Neem asb. kennis dat die restaurant en kroeg is onderhewig aan beskikbaarheid en die gebruik daarvan moet vooraf gereël word.
Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie, behalwe gids- en terapie-honde. Die oord bied ook 24 uur-sekuriteit met wagte en die SAPD wat die gronde patrolleer.
Die strand is gedeeltelik privaat en haainette is in plek tydens seisoentyd. Lewensredders is tydens naweke en in seisoentyd aan diens. Die jaarlikse sardienloop is ook 'n trekpleister vir vissermanne.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Besprekings Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 1299 Bournemouth Avenue, Ivy Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink TO Strand Vakansieoord het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
1299 Bournemouth Avenue, Ivy Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 62 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang