Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Toad Tree Cabins

Spesiale Aanbod 20% af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 28 Feb 2024 tot 5 Mei 2024.

  • Kapasiteit: 49 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Triton-pad, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Toad Tree Cabins is geleë in die Afrika-bosveld in Sodwanabaai en voorsien gerieflike selfsorg en suite-verblyf vir 'n romantiese-wegbreek en gesinsvakansies. By Toad Tree Cabins maak gaste kennis met die gees van Afrika.

Daar is 2, 4, 6, 8 en 10-slaapkamer, gerieflike, volledig toegeruste kothuise met privaat braaie en kampvure. Die twee- en drieslaapkamer-eenhede deel 'n kombuis, woonkamer in die boma en al die eenhede het hul eie badkamers met warm en koue water en word daagliks skoongemaak. Verder is daar kragpunte, waaiers, elektroniese muskietweerders en linne. Die WiFi is gratis vir die eerste halfuur, en is slegs in 'n aangewese area beskikbaar.

Staan verstom voor die wonderskone Afrika-sonsondergange met 'n skemerkelkie in die hand langs die swembad, ruil stories uit langs die kampvuur en kyk hoe die vuurvliegievonke in die donker spat, luister na die gesis van vleis op die vuur, 'n stomp wat verskuif word tussen die vlamme of die klank van 'n Afrika-drom in die verte.

Ons is in die hartjie van Zululand geleë, 'n duik- en kulturele paradys met goue strande, vrugbare moeraswoude, welige vleilande, beskermde fauna en flora, en dolfyne wat in die branders baljaar. Kyk hoe die boggelrugwalvisse naby aan die kuslyn hul spring en spuit, ontmoet Afrika se pragtige wild eerstehands - van statige olifante tot fassinerende miskruiers.

Toad Tree Cabins is net 'n paar uur se ry van die volgende wêreldbekende Groot 5 Wildreservate af: Mkhuze, Ndumu, Phinda, Tembe Olifantpark en Hluhluwe/Umfolozi. Mkhuze Wildreservaat huisves groot hoeveelhede bokke, bedreigde njalas, 'n paar jagluiperds, wildehonde, leeus en olifante, en is net 30 km van Toad Tree Cabins af. Die voëllewe in die omgewing is oorvloedig en die beste in die land - 420 voëlspesies maak dit ongetwyfeld 'n voëlkykparadys. Pelikane, flaminke en geelbekooievare kom ook hier voor.

Sluit by Toad Tree Cabins aan vir 'n unieke, interaktiewe skuba-ervaring tussen die wonderlike onderwaterdiertjies in Sodwana. Die asemrowende natuurprag van die onderwaterlewe in die grotte, oorhange en pragtige koraalriwwe kan ook hier ervaar word. Ervaar adrenalienbelaaide bootritte deur die skuimende branders en intieme ontmoetings met seeskilpaaie, pylstertvisse, haaie en dolfyne.

Sodwanabaai stel nooit teleur nie - duike hier is altyd onvergeetlik. Duik-uitstappies na die ongerepte koraalriwwe is beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 41 resensies vir Toad Tree Cabins
Netheid
3.8/5
Diens
3.5/5
Ligging
3.4/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Triton-pad, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Toad Tree Cabins het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
R500 R400
per nag, vir 2 mense
Vanaf R500
R500 R400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 49 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Triton-pad, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7e65c8f8d27fa23be6c22edade04be6b7c08b4fb0664a918d57ede788892a72433d1db6bd3911305a53a522e722b762a479?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R500 nouVanaf R400 per nag, vir 2 mense 41 5 1 4 Triton Road Sodwana Bay 3974 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.493495876519 32.59711014848